Kolofon

Literêre terme en teorieë het oorspronklik in 1992 by HAUM-Literêr in Pretoria verskyn onder redaksie van T.T. Cloete. Die werk is sedert 2008 gedigitaliseer met toestemming van die kopiereghouer, Maskew-Miller Longman. Die teks van die 2007-uitgawe van Van Gorp et al. se Lexicon van literaire termen word ingesluit met die goedgunstige toestemming van die outeurs.

Die digitalisering kon geskied met steun van die Fonds Neerlandistiek. Hulle finansiële bydrae word met dank erken. Sanko Lewis het die lemmas sowel as die Lexicon van literaire termen omgeskakel na html en die bladuitleg gedoen. Hy hou ook die webblad in stand en tree op as webmeester. Die geskandeerde lemmas is geproeflees deur ’n span senior studente bestaande uit Elzeré Cox, Eddie Kok, Louise Nortje en Joanette van der Merwe. Bella du Toit het ’n reeks korreksies aangebring, en Nina Linde het in 2014 die laaste redigering gedoen en die grootste gros kruisverwysings tussen die lemmas ingevoeg. Jo-Riëtte Jacobs het Van Gorp-hulle se lexicon opgelaai en die kruisverwysings daarbinne aangebring.

Sedert 2017 is ons besig om LTT by te werk en op datum te bring. Danksy ‘n ruim bydrae van die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns word Literêre terme en teorieë sedert 2017 bygewerk en op datum gebring. Befondsing vir hierdie doel is in 2019 ook ontvang van die PUK-Kanselierstrust en die Navorsingstrust. Hierdie bydraes word met groot dank erken.

Rig enige korrespondensie, navrae of kommentaar asb. aan Hein Viljoen (hoofredakteur) of Sanko Lewis (webmeester) via e-pos aan hein.viljoen@nwu.ac.za of via LTT se facebook-blad by https://www.facebook.com/littermteorie. Aanbiedings om LTT by te werk, is veral hartlik welkom.

Hein Viljoen
September 2020